Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Nooit" deur CHARL DURAND
"Nooit" deur CHARL DURAND [boodskap #26100] Do, 09 September 1999 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

NOOIT
Charl Durand

As mens net een arm het is motorfietsry uit,
en biltongkerf is 'n probleem. As ek kon kies
sou ek sê : Gee my eerder 'n houtbeen of net
een oog, maar nee, los my arms uit. Ek skryf
nou wel nie mooi nie, maar ek was ‘n
pinballkoning op skool, al was dit lank terug.
Gelukkig gaan die son steeds op dieselfde
manier onder. Kyk maar self, volgende keer as
ons twee op Llandudnostrand sit. En ek kan die
filosofie van Job insien. Job, koning van pop
psychology. Job het 'n vrou en kinders gehad.
Maar hoe gaan ek jou ooit weer omhels,
vashou, vashou, vashou.
Re: "Nooit" deur CHARL DURAND [boodskap #26141 is 'n antwoord op boodskap #26100] Vr, 10 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , @sympatico.ca
wrote:
> NOOIT
> Charl Durand
>
> As mens net een arm het is motorfietsry uit,
> en biltongkerf is =91n probleem.
> ens.
> Maar hoe gaan ek jou ooit weer omhels,
> vashou, vashou, vashou.

Probeer pos d.m.v. Remarq maar kry probleme. Apologie aan
alle Vrymesselaars en andere wat ek d.m.v. hieride ng
seergemaak het.

Re: "Nooit" deur CHARL DURAND [boodskap #26163 is 'n antwoord op boodskap #26100] Sa, 11 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
Oepsie Reisiger! Is jy dan bang vir hulle?
Inderdaad lyk dit vir my of "groot" boetie tog 'n ogie gooi? Of hoe?

reisiger wrote in message ...
> Probeer pos d.m.v. Remarq maar kry probleme. Apologie aan
> alle Vrymesselaars en andere wat ek d.m.v. hieride ng
> seergemaak het.
Re: "Nooit" deur CHARL DURAND [boodskap #26198 is 'n antwoord op boodskap #26100] So, 12 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , "Thys de
Wet" wrote:
> Oepsie Reisiger! Is jy dan bang vir hulle?
> Inderdaad lyk dit vir my of "groot" boetie tog 'n ogie gooi? Of hoe?
>
> reisiger wrote in message
...
>> Probeer pos d.m.v. Remarq maar kry probleme. Apologie aan
>> alle Vrymesselaars en andere wat ek d.m.v. hieride ng
>> seergemaak het.

Glad nie Thys. Kan baie hanteer. Dit is beter om alle
groepe in te sluit in die tradisie van Sai Baba se motto
"Love All Serve All". Verbreed maar net die gemaksone, om
te sorg vir 'n vreedsame 3e verkiesing. Hulle is baie
sterk, en kan saamhelp. "When you stand on the shoulders of
a giant, you can become much larger".

Vorige onderwerp: VRIEND deur koos kombuis
Volgende onderwerp: Boerneef se werk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 17:56:48 MGT 2024